Daar bestaan ongeveer 71 mediese fondse in Suid-Afrika met ‘n ledetal van by die 8,9 miljoen. Die totale maandelikse bydrae tot mediese fondse beloop ongeveer R233-miljard (volgens die Raad vir Mediese Fondse – 2023). As daar in ag geneem word dat Suid-Afrika ‘n bevolking van meer as 59 miljoen mense het, beteken dit dat minder as 15% van SA burgers aan ‘n mediese fonds behoort.

Nie alle mediese fondse is oop vir die publiek nie. Trouens, van die 71 mediese fondse, is slegs ongeveer 20 beskikbaar vir die publiek. Hierdie syfer kan selfs kleiner word soos groter fondse die kleiner skemas oorneem.

So hoe kies jy ‘n mediese fonds of hospitaalplan, ‘n spesifieke opsie van die skema, watter voordele om in of uit te sluit? In hierdie veranderende omstandighede benodig jy die advies van ‘n onafhanklike adviseur. Iemand wat nie slegs na die belange van ‘n spesifieke mediese fonds omsien nie, maar een wat kan verseker dat daar aan jou unieke behoeftes voldoen word.

Mediese Fonds Adviseurs Staan Jou By Met:

  • kies van die mees toepaslike mediese fonds
  • *ondersoek meer as 20 skemas en opsies
  • pro-aktiewe advies m.b.t. jou huidige mediese fonds opsie
  • bystand met oplossing van navrae en hantering van eise

Mediese Fondse Wat Gebruik Word Wanneer Jou Behoeftes Geannaliseer Word:

  • Discovery Mediese Fonds
  • Fedhealth Mediese Fonds
  • Bestmed Mediese Fonds
  • Momentum Mediese Fonds
  • Genesis Mediese Fonds
  • Medihelp Mediese Fonds
  • Medshield Mediese Fonds
  • Profmed Mediese Fonds
  • Bonitas Mediese Fonds
  • Keyhealth Mediese Fonds

Voltooi Die Vorm Hierbo Vir ‘n Spoedige Kwotasie!